Na die harde toer sou 'n mens verwag die seuns is uitgeput en alhoewel die span aanvanklik moeg gelyk het kon die opposisie nie hulle hardnekkige verdeging, wat van hulle 'n suksesvolle span op toer gemaak het, derudring nie. 'n taktiese skuif van dir afrigters sorg dat Rooihuiskraal die skrums oorheers en soos gewoonlik is daar nie 'n span wat die bal so goed in die los kan speel. Hierdie bal besit sorg dat die agterlyn baljaar en slegs 'n paar ongedwonge foute keer dat die reeds goeie oorwinning nie 'n weghol wen word. Die wen telling 21 - 0 is nie 'n werlike weergawe van die wedstryd, maar steed 'n baie goeie wen, want met slegs 4 besoeke in die opposisie se kwart gebied teken hulle 3 keer punte aan, 'n prestasie wat selfs super 15 spanne nie kan reg kry. Hierdie seuns is nou 'n eenheid en speel vir die span, werklik lekker om na hulle wedstryde te kyk. Dankie Seuns...
ps. Selfs die afrigetrs raak nou emosineel en die "joke" is op Werner hierdie week toe die skeidsregter hom moes vra om stil te bly....ha,ha,ha
No comments:
Post a Comment