Wednesday, 25 April 2012
Rooihuiskraal verloor naelbyter
In 'n wedstryd waarin die span van Rooihuiskraal alles wen behalwe op die "scoreboard" blink spelers en span weereens uit. Die wedstryd teen Garsfontein was nooit gesien as 'n maklike een, maar met volgehoue verdediging, briljante spel in beide die vaste en los vassette het die span meer as genoeg geleenthede geskep om te wen, Ongelukkig was dit nie hul dag en kon hulle die hope bal besit nie gebruik en afrond. Die spelers was baie teleurgesteld, maar sal verseker terug wees met nog 'n groter poging in die volgende wedstryd. Sterkte seuns ons is nog steeds baie trots op julle.....
Tuesday, 17 April 2012
2de span wen weer !
Dit kan maklik 'n gewoonte raak, in 'n wedstryd wat die oponente nie werklik op die veld was wen ons 2de span gemaklik met 45 - 0. Meer belangrik staan hulle weereens geen punte af wat hulle nou maklik die suinigste span maak, hulle verdediging is iets om op jaloers te raak en die Stormers moes seker by hulle geleer het. Dis net jammer die Cheetah's kon nie. baie geluk seuns, onthou bly nederig en maak weer so volgende week.
Thursday, 12 April 2012
2de span wen teen Villieria !
Na die harde toer sou 'n mens verwag die seuns is uitgeput en alhoewel die span aanvanklik moeg gelyk het kon die opposisie nie hulle hardnekkige verdeging, wat van hulle 'n suksesvolle span op toer gemaak het, derudring nie. 'n taktiese skuif van dir afrigters sorg dat Rooihuiskraal die skrums oorheers en soos gewoonlik is daar nie 'n span wat die bal so goed in die los kan speel. Hierdie bal besit sorg dat die agterlyn baljaar en slegs 'n paar ongedwonge foute keer dat die reeds goeie oorwinning nie 'n weghol wen word. Die wen telling 21 - 0 is nie 'n werlike weergawe van die wedstryd, maar steed 'n baie goeie wen, want met slegs 4 besoeke in die opposisie se kwart gebied teken hulle 3 keer punte aan, 'n prestasie wat selfs super 15 spanne nie kan reg kry. Hierdie seuns is nou 'n eenheid en speel vir die span, werklik lekker om na hulle wedstryde te kyk. Dankie Seuns...
ps. Selfs die afrigetrs raak nou emosineel en die "joke" is op Werner hierdie week toe die skeidsregter hom moes vra om stil te bly....ha,ha,ha
ps. Selfs die afrigetrs raak nou emosineel en die "joke" is op Werner hierdie week toe die skeidsregter hom moes vra om stil te bly....ha,ha,ha
Thursday, 5 April 2012
Wat 'n einde !!!!
In die beste wedstryd van die toer wen ons onder 13B span vir Grey 17-12, die seuns was eenvoudig fantasties en speel hulle beste wedstryd nog hierdie jaar. Ouers het nie meer stemme en die senuwees, wel wat is dit as jy nie meer enige oor het. Ons is verskriklik trots op hierdie span en baie dankbaar vir Deon, Werner en Heinrich wat hulle so mooi afrig. Nog nuus later, moet nou eers terug ry na Centurion
Wednesday, 4 April 2012
Wedstryd Bepalings 4de en laaste dag
Die wedstrydbepalings vir Donderdag 5 April is as volg:
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Randhart 08:15..Oval
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Grey College 08:15...A veld
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Grey College 09:00...D veld
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Randhart 08:15..Oval
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Grey College 08:15...A veld
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Grey College 09:00...D veld
2de Span wen spannende wedstryd !!
Die derde wedstryd op toer en nog 'n baie moelike teenstaander, maar karakter is wat van hierdie 2de span 'n wen span maak. Met die telling gelykop 0 elk besluit die kaptein in die laaste minuut om die strafskop pale toe te neem. Die skop is oor en die res geskiedenis, 'n oorwinning wat hierdie span verdien. Baie geluk Rooimiere ons is almal trots op julle en sien uit na more se wedstryd
Tuesday, 3 April 2012
Wedstryd bepalings Dag 3
Die wedstrydbepalings vir Woensdag 4 April is as volg:
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Kenmare 10:00
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Grey College 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Vastrap 15:30
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Kenmare 10:00
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Grey College 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Vastrap 15:30
Die span lewer skitter spel vandag
Die span speel fantasties saam en word al hoe beter. Met van die beste verdediging ooit gesien teen 'n baie goeie span en swak skeidsregter beslissings. Hulle slaag daarin om gelykop te speel 10 elk...Ons is baie trots op hulle en se graag dankie vir hul afrigters wat so baie tyd insit om hulle die beste moontlike span te maak
Tye verander vir 1ste en 2de span - Dag 2
Die wedstrydbepalings vir Dinsdag 3 April het verander en is nou as volg:
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Laerskool Kenmare 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Eversdal 14:00
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Stephanus Roos 15:30
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Laerskool Kenmare 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Eversdal 14:00
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Stephanus Roos 15:30
Monday, 2 April 2012
Wedstrydbepalings Dag 2
Die wedstrydbepalings vir Dinsdag 3 April is as volg:
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Laerskool Kenmare 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Eversdal 13:15
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Stephanus Roos 14:45
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Laerskool Kenmare 11:30.
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Laerskool Eversdal 13:15
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Laerskool Stephanus Roos 14:45
Laro uit teater
Goeie nuus ontvang, Laro uit die teater, operasie suksesvol op sy arm. Ons wens hom sterkte toe en hoop hy kan gou weer by ons aansluit..
Uitslag Eerste wedstryd Dag 1
Laerskool Rooihuiskraal verloor 'n baie spannende en skitterende wedstryd 7 - 5. Met die aanskoulike en harde rugby wat ons seuns vandag gespeel het, sal ons 'n paar skole se eerste spanne maklik pak gee. Ons is trots op julle!!!
Sunday, 1 April 2012
Maandag 2 April se wedstrydbepalings.
Laerskool Rooihuiskraal se Eerste span teen Laerskool Kroonheuwel: 10:45 - Hoofveld.
Laerskool Rooihuskraal se Tweede span teen Laerskool Vastrap: 09:15 - Oval.
Laerskool Rooihuiskraal 0/11A span teen Laerskool Rustenburg: 13:00 - Oval.
Laerskool Rooihuskraal se Tweede span teen Laerskool Vastrap: 09:15 - Oval.
Laerskool Rooihuiskraal 0/11A span teen Laerskool Rustenburg: 13:00 - Oval.
Saturday, 31 March 2012
Wednesday, 28 March 2012
Grey Toer Reëlings
Ons o/11 en
o/13A en B spanne toer na Grey Kollege in Bloemfontein.
Hier volg
die finale reëlings:
DATUMS: Ons vertrek op Sondag 1 April om 7:00 vanaf
die skool en keer terug op Donderdag 5 April om ongeveer 16:00. (Die tyd sal
nog bevestig word.)
KOSTE: Die
koste beloop R1750 per leerder. Die
leerders kan sakgeld saamneem. Alle
gelde moet inbetaal word voor of op Vrydag, 16 Maart 2012 by die afrigter/ per
internet. Gebruik die kind se naam, van,
ouderdomsgroep en rugbytoer as verwysing. Indien daar enige probleme is t.o.v.
finansies, skakel gerus u afrigter.
ABSA Bank,
Wierdapark
Rekening
no.3260 164 847
Takkode
632005:
BENODIGHEDE:
•
Nie meer nodig vir ʼn Slaapsak en kussing nie
•
2 Handdoeke
•
Swembroek en Toiletware
•
Bybel en Flits
•
Denim / 2 Hemde / Warm klere / Reënjas / Pet
•
Tekkies en Plakkies
•
3 T/Hemde en 3 Kortbroeke
•
Onderklere en Kouse
•
‘n Slot vir veiligheid van klere
•
3 Stelle oefen klere en 2 swart broeke
•
NB! Sonbrandroom
•
NB! Muskietweermiddel
BAIE
BELANGRIK! Klere moet duidelik gemerk
wees!
Indien u
kind enige medikasie (bv. antihistamien, pille vir bysteek, asma, hooikoors,
ens.) gebruik, moet dit saamgestuur word.
Ons beveel
aan dat alle duur artikels by die huis gelos word, soos bv. duur horlosies,
kameras, messe, ens. Indien dit wel
saamgeneem word, sal dit op eie risiko wees.
Geen
radio’s, bandspelers, mp3-spelers, of selfone word ook toegelaat nie.
Ons
handhaaf die reëling van geen nuus is goeie nuus. Indien daar enige probleme
sou wees, sal u telefonies in kennis gestel word.
Subscribe to:
Posts (Atom)