Wednesday, 25 April 2012

Rooihuiskraal verloor naelbyter

In 'n wedstryd waarin die span van Rooihuiskraal alles wen behalwe op die "scoreboard" blink spelers en span weereens uit. Die wedstryd teen Garsfontein was nooit gesien as 'n maklike een, maar met volgehoue verdediging, briljante spel in beide die vaste en los vassette het die span meer as genoeg geleenthede geskep om te wen, Ongelukkig was dit nie hul dag en kon hulle die hope bal besit nie gebruik en afrond. Die spelers was baie teleurgesteld, maar sal verseker terug wees met nog 'n groter poging in die volgende wedstryd. Sterkte seuns ons is nog steeds baie trots op julle.....

Tuesday, 17 April 2012

2de span wen weer !

Dit kan maklik 'n gewoonte raak, in 'n wedstryd wat die oponente nie werklik op die veld was wen ons 2de span gemaklik met 45 - 0. Meer belangrik staan hulle weereens geen punte af wat hulle nou maklik die suinigste span maak, hulle verdediging is iets om op jaloers te raak en die Stormers moes seker by hulle geleer het. Dis net jammer die Cheetah's kon nie. baie geluk seuns, onthou bly nederig en maak weer so volgende week.

Thursday, 12 April 2012

2de span wen teen Villieria !

Na die harde toer sou 'n mens verwag die seuns is uitgeput en alhoewel die span aanvanklik moeg gelyk het kon die opposisie nie hulle hardnekkige verdeging, wat van hulle 'n suksesvolle span op toer gemaak het, derudring nie. 'n taktiese skuif van dir afrigters sorg dat Rooihuiskraal die skrums oorheers en soos gewoonlik is daar nie 'n span wat die bal so goed in die los kan speel. Hierdie bal besit sorg dat die agterlyn baljaar en slegs 'n paar ongedwonge foute keer dat die reeds goeie oorwinning nie 'n weghol wen word. Die wen telling 21 - 0 is nie 'n werlike weergawe van die wedstryd, maar steed 'n baie goeie wen, want met slegs 4 besoeke in die opposisie se kwart gebied teken hulle 3 keer punte aan, 'n prestasie wat selfs super 15 spanne nie kan reg kry. Hierdie seuns is nou 'n eenheid en speel vir die span, werklik lekker om na hulle wedstryde te kyk. Dankie Seuns...

ps. Selfs die afrigetrs raak nou emosineel en die "joke" is op Werner hierdie week toe die skeidsregter hom moes vra om stil te bly....ha,ha,ha

Thursday, 5 April 2012

Wenners !



Wat 'n einde !!!!

In die beste wedstryd van die toer wen ons onder 13B span vir Grey 17-12, die seuns was eenvoudig fantasties en speel hulle beste wedstryd nog hierdie jaar. Ouers het nie meer stemme en die senuwees, wel wat is dit as jy nie meer enige oor het. Ons is verskriklik trots op hierdie span en baie dankbaar vir Deon, Werner en Heinrich wat hulle so mooi afrig. Nog nuus later, moet nou eers terug ry na Centurion

Wednesday, 4 April 2012

Wedstryd Bepalings 4de en laaste dag

Die wedstrydbepalings vir Donderdag 5 April is as volg:
Laerskool Rooihuiskraal 0/11 teen Randhart 08:15..Oval
Laerskool Rooihuiskraal 0/13A teen Grey College 08:15...A veld
Laerskool Rooihuiskraal 0/13B teen Grey College 09:00...D veld

Foto's