Ons vertrek vanaf 'n koue Pretoria na Bloemfontein
Saturday, 31 March 2012
Wednesday, 28 March 2012
Grey Toer Reëlings
Ons o/11 en
o/13A en B spanne toer na Grey Kollege in Bloemfontein.
Hier volg
die finale reëlings:
DATUMS: Ons vertrek op Sondag 1 April om 7:00 vanaf
die skool en keer terug op Donderdag 5 April om ongeveer 16:00. (Die tyd sal
nog bevestig word.)
KOSTE: Die
koste beloop R1750 per leerder. Die
leerders kan sakgeld saamneem. Alle
gelde moet inbetaal word voor of op Vrydag, 16 Maart 2012 by die afrigter/ per
internet. Gebruik die kind se naam, van,
ouderdomsgroep en rugbytoer as verwysing. Indien daar enige probleme is t.o.v.
finansies, skakel gerus u afrigter.
ABSA Bank,
Wierdapark
Rekening
no.3260 164 847
Takkode
632005:
BENODIGHEDE:
•
Nie meer nodig vir ʼn Slaapsak en kussing nie
•
2 Handdoeke
•
Swembroek en Toiletware
•
Bybel en Flits
•
Denim / 2 Hemde / Warm klere / Reënjas / Pet
•
Tekkies en Plakkies
•
3 T/Hemde en 3 Kortbroeke
•
Onderklere en Kouse
•
‘n Slot vir veiligheid van klere
•
3 Stelle oefen klere en 2 swart broeke
•
NB! Sonbrandroom
•
NB! Muskietweermiddel
BAIE
BELANGRIK! Klere moet duidelik gemerk
wees!
Indien u
kind enige medikasie (bv. antihistamien, pille vir bysteek, asma, hooikoors,
ens.) gebruik, moet dit saamgestuur word.
Ons beveel
aan dat alle duur artikels by die huis gelos word, soos bv. duur horlosies,
kameras, messe, ens. Indien dit wel
saamgeneem word, sal dit op eie risiko wees.
Geen
radio’s, bandspelers, mp3-spelers, of selfone word ook toegelaat nie.
Ons
handhaaf die reëling van geen nuus is goeie nuus. Indien daar enige probleme
sou wees, sal u telefonies in kennis gestel word.
Subscribe to:
Posts (Atom)